donderdag 25 januari 2007

Verwoestende brande teister Kaap

Die versengende hitte en wind het sy tol geëis met verskeie verwoestende brande wat in die Kaapse Skiereiland en in die Boland uitgebreek het.
Verligting is nog nie op pad nie. Vandag gaan die temperature in Kaapstad en dorpe in die Wes-Kaap by die 40 ºC dr
aai en by ander selfs hoër wees.
Terwyl stokflou brandbestryders tot laatnag gespook het om die vlamme te blus en talle mense in informele woongebiede dakloos gelaat is, is die einde nog nie in sig nie. Hoë temperature word ook vir vandag voorspel en na verwagting sal die stryd teen sporadiese brande voortduur.

Geen opmerkingen: