zaterdag 18 november 2006

Idee voor trouwlustigen: Die troukar is ’n olifant!


Haar grootste vrees was dat die olifant waarop sy en haar pa by haar huwelikseremonie by die Elephant Wallow in Sun City opgedaag het, dalk sou besluit om sy passasiers onder die bloedige Afrika-son met ’n slurp vol water af te koel.
Natuurliefhebber me. Valria Ferreira is onlangs met Jurie Ferreira in die eg verbind.
Haar pa, mnr. Frank Bouwer, ’n olifanthanteerder, het twee jaar lank by Pilanesberg Olifant Safaris met olifante gewerk en sy het hom gevra om haar op ’n olifant se rug na die seremonie te neem – waarna olifante deel van die hele seremonie was.
Bouwer is steeds by olifante en wildbesigtingstoere betrokke.
Die olifante is destyds van Zimbabwe na Suid-Afrika gebring nadat hulle in die 1980’s as gevolg van olifantuitdunne wees gelaat is.
Ondanks ’n paar benoude oomblikke het alles gelukkig glad verloop.

Geen opmerkingen: